Landboumark

Gebruikersgids

Welkom by die Landboumark gebruikersgids. Hier sal jy hulpbronne vind om jou te help om die meeste uit die Landboumarkplatform te kry.

Gebruiksvoorwaardes

Landboumark vrywaring

As verskaffer van die produkte/dienste waarborg die Adverteerder dat hulle vertroud is met die bepalings van die Wet op Verbruikersbeskerming, Wet 68 van 2008 ('die Wet') en dat hulle in alle transaksies met ons aan die Wet se vereistes sal voldoen. Die Wet maak voorsiening vir verskeie verbruikers regte wat insluit regte met betrekking tot lewering, teruggawe, openbaarmaking van inligting, kwaliteit en veiligheid van produkte. Gevolglik vrywaar die Adverteerder vir Media24 Bpk teen enige skade wat ons of enige derde party mag lei as gevolg van onveilige of defektiewe produkte wat deur hulle gelewer is.

Landboumark tree uitsluitlik op as 'n advertensieplatform en neem nie deel aan enige transaksie tussen kopers en verkopers nie. Alle ooreenkomste, onderhandelinge en transaksies word uitsluitlik tussen die koper en die verkoper gevoer. Landboumark aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige geskille, verliese, skade of eise wat uit sulke transaksies voortspruit nie.

Vir enige klagtes of navrae, kontak elzetteb.kruger@media24.com.


On this page