Hoe dit werk
Leer hoe om 'n plasing te skep
Die Landboumark-platform is ’n selfdiensplatform waar verkopers hul landbouprodukte kan lys en kopers die gelyste produkte kan koop.
Kategorieë
Elke Landboumark-afdeling - geklassifiseerde advertensies, veilings en plaasprodukte - bevat verskeie kategorieë waaronder produkte en dienste kan verskyn. Sommige van hierdie kategorieë het ook subkategorieë wat die klassifisering van die produk of diens verder verfyn.
Vir produkte en dienste wat nie in enige van die bestaande opsies val nie, kan “Diverse – allerlei” onder geklassifiseerde advertensies gebruik word. Kontak gerus elzetteb.kruger@media24.com met navrae.
Skep ’n plasing
Gebruikers moet 'n geldige e-pos en wagwoord verskaf om in te teken. Indien jy nie 'n e-pos ontvang het met jou unieke verifikasiekode nie, gaan na jou e-pos se gemorsposafdeling. Dit kan gebeur dat die e-pos daar beland het.
Indien jy ’n e-pos van Agrista ontvang het, is dit korrek. Agrista is Landbouweekblad se verskaffersvennoot.
Nadat jy aangeteken het, klik eenvoudig op "Skep 'n plasing" regs aan die bokant van die bladsy.
Van daar kan jy kies tussen Geklassifiseerd, Veilings en Plaasprodukte.
Eerstens, kies jou advertensietipe.
Ons het Premie-opsie en Standaard plasings om van te kies. Die Premie-opsie bied aan jou die geleentheid vir beter sigbaarheid op die platform.
Die volgende velde moet voltooi word:
- Opskrif van die advertensie
- Beskrywing van die plasing
- Kategorie
- Adres
- Kontakpersoon
- Beelde - foto's of grafika
Die prys van die item of diens is opsioneel.
Nadat alle velde voltooi is, kan jy 'n voorskou van jou plasing sien. Dit sal jou die geleentheid gee om te sien hoe jou produk aan die koper vertoon sal word en enige veranderinge aan te bring indien nodig.
Nadat jou plasing gepubliseer is, sal dit onder die gekose afdeling verskyn.
Kontak chrisna.steenkamp@agrista.com indien daar dringende veranderinge moet plaasvind nadat die plasing publiseer is. Navrae sal so spoedig as moontlik hanteer word, binne drie dae, tydens kantoorure.
Indien jy ook in Landbouweekblad (drukweergawe) se geklassifiseerde afdeling wil adverteer, kontak elzetteb.kruger@media24.com.
Voorwaardes
- Die verantwoordelikheid berus by die adverteerder om seker te maak sy of haar advertensie verskyn korrek.
- Alle plasings is onderhewig aan terme en voorwaardes.
- Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir die gehalte van goedere of dienste nie.
- Alle gewigte en metings moet by standaarde bly.
- Alle pryse moet BTW insluit.
- Gevolge van verkeerde of misleidende inligting bly die verantwoordelikheid van die adverteerder.
- Veilingsadvertensies mag deur die platform gestop word op die dag van, of die dag ná die veiling.
Kontak gerus elzetteb.kruger@media24.com.