Landboumark
TuisGeklassifiseerdeVee & PlaasveilingsPlaasprodukte

Meer oor Landboumark – Landbouweekblad se digitale markplek

Wat is Landbou.com?

Landbou.com is die digitale tuiste van Landbouweekblad, ’n publikasie wat reeds meer as 100 jaar deel van Suid-Afrikaanse boere se daaglikse werksaamhede is. Onder die Landbouweekblad-handelsmerk val Landbou.com, ons webwerf en toepassings; spesiale tydskrifte soos Boerekos, Vee en Innovasie; Landbouweekliks, ons landboutelevisieprogram waar ons by Suid-Afrika se besondere en suksesvolle boere kuier; webinare en konferensies oor ’n verskeidenheid onderwerpe; én ’n lang lys boeke oor landbou.

Wat is Landboumark?

Landboumark is Landbouweekblad se nuwe digitale markplek vir moderne landbou – alles op een plek, ontwerp om landbouhandel slimmer en toegankliker te maak. Hier kan jy met gemoedsrus koop en verkoop, vinnig en maklik deur ’n wye reeks produkte en dienste blaai, en in ’n oogwenk jou eie geklassifiseerde advertensie skep. Eenvoudig, veilig en gemaak vir boere. Jy kan ook die jongste veilingsinligting besigtig, skakels kry om digitaal deel te neem en jou eie geleenthede lys. In die plaasprodukte-afdeling geniet jou plaasprodukte van gehalte die kollig – van gesondheid-uit-die-grond-uit tot voortreflike vleis, vars produkte en handgemaakte nisprodukte. Hier kan jy direk aan die publiek bemark, met ’n moderne boeremark binne jou bereik.

Hoe om Landboumark te gebruik

Landboumark is ’n selfdiensplatform waar produsente en verskaffers hul produkte en dienste kan lys, en kopers met ’n enkele klik direk met die adverteerder in kontak kan kom. Jy hoef nie ’n rekening te skep om deur die plasings te blaai nie, maar om te verkoop, skep jou gratis rekening hier. Klik hier vir die Landboumark-gebruikersgids. Maak seker jy kry die beste uit Landboumark met hierdie nuttige advertensiewenke. Klik hier om te lees. Kyk ook of ons Algemene Vrae-afdeling dalk jou vraag oor Landboumark kan beantwoord.
Landboumark

Laat die mark na jou toe kom. Op Landboumark, Landbouweekblad se digitale markplek, kan jy maklik koop en verkoop deur geklassifiseerde advertensies te plaas, jou veiling te bemark of selfs jou vars of handgemaakte, trots Suid-Afrikaanse plaasprodukte direk aan die publiek te verkoop. Alles op een plek, ontwerp om landbouhandel makliker en toegankliker te maak.

Platform

GeklassifiseerdVeilingsPlaasprodukte

Landbou.com

Jongste landbounuusWeerMarkte

Ondersteuning

Hulpsentrum / Gereelde vraeMeer oor onsKontak

© 2026 Landboumark. Alle regte voorbehou.

PrivaatheidsbeleidGebruikersvoorwaardes